Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jakobus 1:2: “... julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard... sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom.”
Die Arabiere, Egiptenare en Namibiërs het een ding in gemeen. Hulle ken woestyne! Dit is die plekke waar die son nooit ophou skyn nie. Alles is droog. Woestyne is nie regtig bekend vir wonderlike bome en plantegroei nie.
’n Arabiese gesegde lui soos volg: “Net sonskyn veroorsaak woestyne.” Dit is waar. Dit geld ook vir die geloofslewe. Die woestynmense van ons samelewing kan baie droog word, sonder veel groei en groen plekke. Dis meestal mense wat net sonskyn in hul lewens ken. Ek vind dit moeilik met sommige mense wat net sonskyn ken. Hulle het soms baie min behoefte aan God. Soms is hulle hard en harteloos.
Beproewings, sê Jakobus, behoort ons met vreugde te vul. Dit toets ons geloof, maar laat ons ook groei in geestelike volwassenheid. Ek voel meer tuis by mense wat swaarkry in die lewe ervaar het. As hulle dit as ’n tyd van groei aangryp, het hulle harte van deernis en liefde vir God. Hulle bied skuiling wanneer ons deur moeilike tye gaan, want hulle ken moeilike tye. Hulle is soos koeltebome in die woestyn!
Ek bid dat die Here die reënerige dae in jou lewe sal gebruik om vir ander ’n oase te ontwikkel waar hulle rus en verkwikking kan vind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie