No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Spreuke 15:16: “Liewer min hê en die Here dien as groot rykdom en bekommernis daaroor.”

Ons rol gereeld in die nag rond. Ons is bekommerd oor môre. Hoekom is jy nou bekommerd?

Hans Walter Wolff, ’n Duitse teoloog, het een keer gesê dat hy in sy krisis eerder by God wil wees as sonder Hom in sy voorspoed. Om God se teenwoordigheid te ervaar as jy nie ryk is nie, nie gelukkig is nie en amper niks het nie, is slegs moontlik as jy aan die voete van die Here sit (15:33). Daar ontdek ’n mens dat selfs die diepste dieptes ons nie van sy teenwoordigheid ontneem nie (15:11).

Kaarte uit die 16de eeu toon die onbekende Atlantiese Oseaan as ’n plek van drake. Toe hierdie kaarte aan ’n Skotse predikant gegee is, het hy met groot letters oor hierdie onbekende plekke geskryf: “Hier is God!”

Die skrywer van Hebreërs sê: “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.” God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” (Hebreërs 13: 5,6). God is vandag by jou. Dit maak nie saak hoe onseker jou toekoms is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!