Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Spreuke 15: 26,27: “Die Here het ’n afsku van bose planne; aangename woorde is vir Hom aanneemlik. Wie hom verryk ten koste van ’n ander, maak dat sy gesin verstoot word; wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.”
Wysheid is aanbidding in die alledaagse dinge. Hoe aanbid ’n mens elke dag? Wanneer ons verhouding met God onafskeidbaar is van ons verhouding met die mense rondom ons. ’n Sagte antwoord (15: 1) en kalm woorde (15:4) bou die verhoudings tussen mense.
As ons mekaar seermaak, ryk word ten koste van ’n ander persoon en onafhanklik van God lewe, is ons dwase.
Aanbidding in jou daaglikse lewe is wanneer jou verhouding met God die verhouding met jou naaste bepaal. Johannes maak dit duidelik in sy eerste brief. Almal wat die liefde van Christus verstaan, sal met liefde omgee vir sy of haar medemense.
GK Chesterton het gesê dat ons ons vriende en ons vyande maak, maar God maak ons buurman. Laat u aanbidding begin!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie