Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 121:1,2: “Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”
’n Teologie student het vir ’n tannie gesê dat hy aan haar ’n belofte van die Here wil gee. Die Here het belowe om altyd by ons te wees. Die tannie het na hom gekyk en gesê: “Seun, dis nie ’n belofte nie. Dis ’n feit!”
Met watter feite werk jy? Dat die ekonomie gaan verbeter? Dat jy jou werk gaan behou? Dat jy gesond is en kan werk? Dat jy môre nog jou huis gaan hê? Ons hulp kom van die Here, wat alles gemaak het. Net van Hom. Hoor die Here se woord: Ek is die Alfa en die Omega, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige... dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk (Openbaring 1:8,17,18).
Blaise Pascal was reg toe hy gesê het dat dit onmoontlik is dat God ooit die einde kan wees as Hy nie ook die begin is nie. Hy skryf dat ons ons oë ophef, maar op sand vertrou.
Waar is jou hulp? Ons hulp kom van die onwankelbare Heer!
Here, U is alles vir my. Ek vertrou U alleen, deur u genade. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie