Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 94:19: “Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.”
Baie mense draai hulle rug op God as gevolg van die onreg in die wêreld. In ’n sosiologiese studie ’n paar jaar gelede het die navorsers hierdie as die nommer een-rede geïdentifiseer waarom mense die kerk verlaat en uiteindelik ophou glo.
Psalm 94 praat van die verskriklike onreg. Weduwees en weeskinders, die gemarginaliseerdes en weerloses van die samelewing word deur arrogante mense onderdruk (94:3-6).
Is die Here afwesig te midde van soveel onreg? Nee, sê die Psalmdigter. Die Here ken alle menslike planne; hy weet dat hulle niks is nie (94:11). Hy het ’n oor wat hoor, en ’n oog wat sien en die wat pyn veroorsaak, sal hy straf.
Ons kan nie altyd die wêreld verander nie, maar ons kan verander. AA van Ruler vra hoe ons in hierdie omstandighede kan bly staan. Ons staan in die storms van tyd. As ons nêrens het om weg te kruip nie, sal ons weggewaai word. Die ewige God is ’n tuiste.
Skuil by God (94:12-15). Wanneer ons dink ons gaan val, hou die liefde van die Here ons regop. Net dit verdryf die onrus in ons harte (94:18,19).
Here, U is my hoop. Ek skuil by U. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie