Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 1:21: “Die getroue stad het ’n ontrou slet geword! Die stad wat die tuiste van die reg was, waarin geregtigheid geskied het, is nou vol moordenaars!”
Mark Twain was sinies toe hy gesê het: “As Christus hier was, is daar een ding wat hy nie sou wees nie – ’n Christen.” Dit is hartseer. So dikwels skaad ons lewens as Christene die reputasie van die evangelie.
Die Ou Testamentiese mense het baie aanbid. Hulle het feesdae gehad en offers gebring. Hulle het gevas en in gebed voor God gebuig. Dit was deel van die godsdienstige praktyke.
Is dit wat die Here regtig wil hê? Ja, ons eer Hom deur hierdie dade van aanbidding, maar dit beteken niks as hierdie aanbidding nie in ons daaglikse lewens weerspieël word nie. Ons kan Hom nie aanbid terwyl ons medemens as gevolg van ons ly nie.
Aanbidding as ’n baie belangrike deel van ons lewe. Ongelukkig is daar dikwels ’n neiging om Sondagaanbidding van die res van die week te skei. Dan doen ons wat ons wil. Dit het Christene ’n slegte reputasie in die samelewing gegee. Mark Twain was verkeerd, want hy het Christene met ’n korrupte vorm van Christenskap geïdentifiseer. Mag die Here ons Christene maak wat bo verdenking is!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie