Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 48:8: “Julle het nog niks daarvan gehoor nie en julle weet nog niks daarvan nie. Julle kon dit nie vantevore hoor nie, want Ek het geweet dat julle nie vertrou kan word nie, dat julle van julle geboorte af al as oortreders bekend is.”
God se mense kon nie sy wil en aankondigings oor die toekoms hoor of verstaan nie, want hulle was sondaars van hulle geboorte af. In plaas daarvan om aan God al die eer vir hulle redding te bring, het hulle die Naam van die Here tot hulle eie voordeel misbruik (48:1,2). Hulle het gesê dat die Here hulle God is, dat die stad van die Here hulle stad is, maar hulle was oneerlik en onopreg (48:2,3).
Die wonder is dat God ons goed ken en ons steeds liefhet. Hy het ons nie lief omdat daar goeie eienskappe in ons is nie. Hy het ons lief tot eer van sy Naam (48:9-11). Hy wil Hom nie van ons losmaak nie. In Jesus het Christus een van ons geword en vir ons verlossing ellende en dood gely.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie