No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Jesaja 11:1: “’n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra.”

In die Christelike kerkjaar is ons nou in Advent. Ons berei onsself voor vir die viering van die geboorte van Jesus Christus. Dit is regtig onbelangrik of Kersdag die datum vir Christus se geboorte is. Die belangriker aspek is dat ons vier dat Christus se koms na die wêreld alles vir ons verander het.

Wanneer Jesaja van die stomp van Isai praat, verwys hy na vernietiging en hoop. In die oordeel van God bly net ’n stomp oor. Maar uit hierdie stomp sal ’n takkie groei. Isai was Dawid se pa. Die Here bevestig dat Hy iemand uit die geslag van Dawid sal voortbring wat sal regeer. Hierdie koning uit die geslag van Dawid, na wie die nasies sal kom (11:10), sal regeer in die krag van die Gees met geregtigheid en reg (11:2-5). Hy sal ’n koninkryk van vrede vestig. Die tradisionele vyande, skape en wolwe, mense en slange, luiperds en bokke, leeus en kalwers sal mekaar geen kwaad aandoen nie. Tradisionele vyande leef in vrede!

As Christene wat die Koning van Vrede in Jesus leer ken het. Waar die Koning van Vrede erken word, streef ons na eenheid, geregtigheid en versoening. Christus het alles verander: veral ons verhoudings met mekaar. Dit is nie humanisme nie. Dit is Christelik!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!