No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNE NEL

Lukas 2:14: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!”

Dietrich Bonhoeffer sê ’n dissipel van Jesus Christus, iemand wat die vrede van Christus ervaar het, tree anders teenoor sy of haar vyande op. ’n Dissipel is iemand wat sy of haar vyand as ’n broer of suster sien, want Jesus het ons wat vyande was as broers en susters behandel en ons in gemeenskap met Hom ingetrek.

Die engele sing naby Bethlehem van vrede wat ons nog nooit vantevore gesien het nie. Die geboorte van Jesus is die teken van God se vasberadenheid om ’n vriendskapsverhouding tussen hom en ons te herstel. Hy doen dit omdat sy guns op ons rus. Ons pogings van nasiebou en nasionale versoening sal nooit naby hierdie vrede kom nie, maar laat dit by ons begin. Mag ons vyande ons vriende word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!