Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 3:13: “Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens.”
Die hart van verandering is die verandering van die hart, het iemand gesê. Jesus het dit vir Nikodemus gesê. Geen mens kan die koninkryk van God sien sonder om van binne, van bo af, deur God verander te word nie.
Maar hoe gebeur dit? Die Seun van God het uit die hemel gekom, uit veiligheid, na ons wêreld toe. In sy gesprek met Nikodemus verwys Jesus na Numeri 21. Slange het die mense begin byt omdat hulle ongeduldig met God geraak het. Die volk het tot bekering gekom en God het gesê dat Moses ’n koperslang op ’n paal moet sit. Almal wat daarna gekyk het, is genees.
Hierdie beeld beskryf Jesus se reddende verhoging (3:14,15). Soos die slang op die paal lewe gegee het aan sterwende mense, so gee Jesus in sy verheerliking op die kruis lewe aan sondige en sterwende mense.
Ek sluit hierdie jaar met vandag se gedagte af. Ek wens jou ’n wonderlike Kersfees toe. Laat ons onthou dat God se verhaal van liefde steeds deur baie verwerp word. Tog hou Hy aan om hierdie wêreld lief te hê. Sy liefde bring nuwe lewe. Ons word van bo gebore. So ontvang ons nuwe lewe en word ons draers van hierdie ongelooflike, volgehoue liefde van God vir die wêreld. Dit bring hoop in ’n hopelose wêreld!
Here, dankie vir u volgehoue liefde in Christus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie