No Image Caption

Bybelse wysheid

Yandi Du Plessis
DR. ANNES NEL

Prediker 2:11: “In hierdie wêreld bevredig niks nie.” (Lees Prediker 2:1-11)

’n Verslaggewer het aan Jack Higgins, ’n hoogs suksesvolle rillerskrywer, gevra wat van die kennis wat hy nou het, sou hy wou hê indien hy weer ’n seun sou wees. Sy antwoord was: “That, when you get to the top, there’s nothing there.”

’n Mens leer baie moeilik. Dis asof ons ons kop móét stamp voordat ons iets leer. Die prediker wil ons iets van die wysheid leer wat hy deur sy lewe geleer het. Hy val met die deur in die huis: Niks in die wêreld bevredig nie.

Die prediker het nogal baie gedoen om die lewe te ondersoek. Hy het die spreekwoordelike “wine, women and song” probeer. Dit het nie inhoud aan sy lewe gegee nie. Hy het ondernemings, slawe, slavinne, silwer en goud gehad (4-9). Ook dit het nie veel gehelp nie.

Carl Jung het gesê dat die basiese neurose van ons tyd leegheid is. Daarom vul ons dit met sinnelose dinge, terwyl slegs God die gat in ons hart kan vul.

In die woorde van Thomas Wolfe: “Jy het die hoogtepunt van sukses bereik wanneer geld, komplimente en publisiteit onbelangrik geword het.”

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer