Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Fil. 4:5: “Die Here is naby.” (Lees Fil 4:4-9)
Om te ervaar dat die Here ver is, is sekerlik een van die ergste dinge wat met ’n mens kan gebeur. Dikwels voel ’n mens so omdat jy ervaar dat mense nie meer so baie vir jou omgee soos altyd nie. Daarom ervaar tieners dit as hulle ouers afwesig is al woon hulle nog onder dieselfde dak. Daarom ervaar bejaardes dit wanneer hulle kinders nie meer gereeld kom kuier nie.
Is God afwesig in sulke omstandighede? Nee, sê Paulus. Die Here is naby. Elders in die Bybel kry ons die versekering dat die Here naby hulle is wat swaarkry en geval het (Ps 145:14; 146:7-9). Paulus se woorde beteken egter meer as dit. Hy gebruik doelbewus hierdie uitdrukking omdat dit twee dinge kan beteken. Dit beteken dat die Here naby ons in ons omstandighede is. Dit beteken óók dat Hy op pad is. Hy ondersteun ons nie net deur sy nabyheid nie, maar is ook op pad om alles nuut te kom maak.
Ons kan mense rondom ons vandag van hierdie nabyheid verseker deur ons betrokkenheid by hulle.
Vader, dankie dat U naby ons is. Amen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie