Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Fil 4:4: “Wees altyd bly in die Here. Ek herhaal: Wees bly!”
(Lees Fil 4:4-9).
Dikwels word ’n nuwe jaar gevier met die proppe van sjampanjebottels wat die lug inskiet. Die sjampanje wat uit die bottels spuit, is dikwels ’n teken van uitbundige opgewondenheid oor die jaar wat voorlê en die verlede wat afgesluit is met die laaste dag van die vorige jaar.
Sjampanje raak op. So raak mense se opgewondenheid en blydskap oor die nuutheid van die nuwe jaar en die lewe oor die algemeen, ook op. Daarteenoor roep Paulus uit die gevangenis ons op om altyd bly te wees. Hoe is dit moontlik? Altyd? Die antwoord lê in die woorde wat bykom: wees altyd bly in die Here.
Om bly te wees in die Here beteken dat ons bly sal wees omdat Jesus Heer oor die ganse skepping is! Hy sit aan die regterhand van God. Alle magte en kragte is aan Hom ondergeskik (Fil 2:9-11). Dit maak daarom nie saak wat jou omstandighede of verwagtinge is nie. Wie in die Heer glo, sien nog die magte en teenspoed raak, maar is bly omdat ons Heer dit alles oorwin het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie