No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

2 Petrus 1:3: “Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.” (Lees 2 Pet 1:3-8)

Die bekende Henri Nouwen skryf dit is een van die grootste geloofsdade wanneer ons glo dat die paar jaar wat ons op hierdie aarde leef soos saad is wat in baie vrugbare grond geplant is: “Die vrugbaarheid van ons kort lewe is meer as wat ons ons enigsins kan voorstel, wanneer ons dit herken en lewe as die lewe wat aan die Geliefde behoort.”

Petrus sê dat ons aan hierdie Geliefde behoort. Hy het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Hy het ons geroep. Ons ken Hom deur sy genade.

Juis daarom is ons lewe ook vrugbaar en sinvol. Ons weet dat ons lewe, met al sy beperkinge en gebreke, in diens staan van die Geliefde. Laat ons daarom met ywer die saad van liefde teenoor alle mense saai. Dit sál meer vrug dra as wat ons ons enigsins kan voorstel! God sal daarvoor sorg.

Here, laat ek lewe met die oortuiging dat U my lewe vrugbaar sal gebruik. Amen

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!