Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Petrus 1:18: “Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele ... losgekoop is nie.” (Lees 1 Pet 1:17-25)
Maak ons dit nie te maklik vir mense om gered te word nie? Maak ons nie God se genade goedkoop nie?
God se genade is met bloed geskrywe. Dit het die kosbare bloed van ’n volmaakte offer gekos om ons van ons sonde los te koop. Daarom kan dit nooit goedkoop wees nie. ’n Mens kan God se genade goedkoop maak deur te dink dat jy dit kan koop. Petrus sê dat jou geld nie die genade kan koop nie. Ons word nie wedergebore omdat ons tot bekering gekom het, glo of ons skuld bely het nie. Die mens is, soos sy dade, iets wat soos gras in die warm son verdor (1 Pet 1:23,24). Dit is die lewende en ewige Woord van die evangelie wat ons van God se genade oortuig het (1 Pet 1:23,25).
Natuurlik kan ons God se genade goedkoop maak deur te lewe asof jy nog nooit daarvan gehoor het nie. Jy kan dit egter ook doen deur te dink dat jy God se genade kon koop deur jou vroomheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie