No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Klaagl 5:21: “Bekeer U ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees.” (Lees: Klaagl 5:15-22)

Op hoërskool het ek ’n Bybel gekry waarin daar plek was waar jy jou bekeringsdatum kon skryf. Ek het daardie datum soveel maal doodgetrek dat ek nie meer plek gehad het om nog ’n datum in te vul nie. Ek wóú ʼn datum hê, want die mense het gesê dat dit belangrik is. Dit is God wat die bekering deur sy genade bewerk (Sien ook Jer 31:18). Een van die gevaarlikste dinge wat egter kan gebeur, is wanneer mense hulle ervaring van bekering die norm maak vir ander mense. As jy dus nie op hulle manier tot bekering gekom het nie, is jy nog nie ’n “ware” Christen nie.

Gelukkig het ek gehoor dat Kohlbrugge gesê het dat hy 2000 jaar gelede op Golgota tot bekering gekom het. Daardeur het hy beklemtoon dat Jesus se kruisdood die enigste vaste datum is waarop ons kan gaan. Ons emosies wissel en ons sonde raak nie noodwendig minder nie. Daarom moet ons nie ons sekerheid op ons bekering bou nie, maar op God se genade.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!