BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Psalm 139:4: Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.
Charles Haddon Spurgeon het opgemerk dat die kortste gebed lank genoeg is. Woordlose gebede is ook nie stil voor God nie.
Psalm 139 begin met die wonderlike gedagte dat God alles weet. Hy ken ons reis deur die lewe. Hy ken ons gedagtes. Voordat ons praat, weet die Here wat ons gaan sê.
My ma het ’n lang stryd met vaskulêre demensie gehad. In haar laaste jare kon sy nie praat nie, het sy ons nie geken nie en het geen geheue gehad nie. Sy kon nie meer met haar Here praat nie.
Wat ’n troos is Psalm 139! Die Here weet alles. Selfs wanneer ons Hom nie kan onthou nie, nie met Hom kan praat nie, ken en onthou Hy ons.
Sommige mense is angstig wanneer hulle verstaan dat die Here alles weet. Hy ken ook die donker plekke van ons lewenspad - die afdraaipaaie. Johannes troos ons wanneer hy sê: ‘... ons (kan) ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles’ (1 Johannes 3:19,20).
Ja, God weet van my sonde en die donker plekke van my lewenspad. Hy hoor egter ook sy Seun, Jesus Christus wat vir ons sonde betaal het, wanneer hy as Voorspraak namens ons intree (1 Joh. 2:1,2).
Plaas jou vertroue in Hom wat ons altyd vashou (Ps 139:5) - in lewe en dood.
Here, dankie dat U my deur en deur ken. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie