Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Kor 5:19: “Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.”
Charles Haddon Spurgeon skryf ’n evangelie wat nie vir almal geld nie, geld vir niemand nie. Dis wat Paulus sê. God het deur Christus die wêreld met Homself versoen. Dit beteken niemand is uitgesluit nie. Dit beteken ons moet vir almal hiervan vertel.
Jare gelede was daar ’n televisiereeks waarin twee mense die taak gehad het om aan iemand wat die lotery gewen het die nuus oor te dra. Soms is hulle met ongeloof begroet. Soms het mense gedink hulle maak ’n gek van hulle en het hulle weggejaag. Wanneer hulle egter besef het dat dit waar is, was daar soms trane van blydskap.
Ons het nie die lotery gewen nie. Ons het ’n baie groter prys ontvang: God het die rekening van ons sonde en verlede afbetaal. Ons is vry van skuld! Ons het dit nie ontvang omdat ons dit op ’n manier “verdien” het nie. Dit is ongelooflik, maar werd om geglo te word. Kom ons deel hierdie goeie nuus! Baie stukkende mense moet hoor dat die Here nooit weer hulle sonde teen hulle sal hou nie. Miskien sal hulle dit eers nie glo nie, maar ons moet aanhou om te sê dat dit waar is!
Dankie, Vader van genade, dat U my sonde afgeskryf het, om Christus se ontwil. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie