No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Openbaring 13:10: “Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.”

Ons is veronderstel om in ’n vrye wêreld te lewe. Dit is nie altyd die geval nie. Daar is soveel regerings in die wêreld wat onderdruk word. Geen opposisie word geduld nie. Die tronke is gevul met diegene wat die regerende politieke stelsel teëgestaan het. Selfs in die sogenaamde vrye wêreld is daar min vryheid. Die Christelike boodskap en waardes word nie geduld nie. Wanneer Christene hulle uitspreek teen ’n sekere lewenstyl, word hulle as onverdraagsaam beskou en selfs stilgemaak.

In Openbaring 13 het ons so ’n staatsbestel – net erger! Dit beskryf die goddelose Romeinse Ryk en sy leier. Christene het baie gely onder hierdie onverdraagsame en goddelose stelsels. Hulle is gemarginaliseer en selfs vermoor. Die stelsel was boos en gedryf deur Satan self.

Hoe moet Christene in so ’n situasie reageer? Een ding is seker: Ons moet beslis nie ons geloof in Jesus Christus prysgee nie. Johannes som dit kortliks op: jy het uithouvermoë en geloof nodig (13:10).

Al sê die regering dat jou geloof nie die enigste is nie, moet ons nie wat ons glo oor Jesus as die weg, waarheid en lewe afwater nie. Hy is die Lam God, die Alfa en Omega. Hy sal terugkeer en dinge sal ten goede verander.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!