No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Genesis 12:3: “In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

Een van die groot kenmerke van God is dat Hy bereid is om ’n nuwe begin te gee, selfs wanneer ons klaaglik misluk het. Ons moet bly wees in God se genade!

Na die gemors wat die mens gemaak het van God se goeie skepping (Genesis 1-11), het God van voor af begin met mense. God was spyt dat hy ons gemaak het (Genesis 6). Hy het ’n nuwe begin gegee toe Noag uit die ark gekom het. Toe loop dinge weer verkeerd.

Die verhaal van Abram is nog so ’n nuwe begin. Dit is ’n vreemde een. Abram se vrou is onvrugbaar en hy is reeds 75 jaar oud. God besluit om oor te begin met so iemand. Hy maak baie duidelik dat God se nuwe begin altyd sy keuse uit genade is. Sy nuwe begin vir die wêreld word nie deur ons uitgedink nie.

Selfs in hierdie vroeë stadium in die Ou Testament is dit duidelik wat God se visie vir die wêreld is. Alle nasies is ingesluit in sy plan. Hy sal nie die nasies wat nou oor die hele aarde verstrooi is, aan hulleself oorlaat nie.

Abram se doel was om ’n kanaal van seën te wees. Paulus sê dat ons ook in hierdie seën deel deur Jesus Christus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!