Bybelse wysheid - Logo
Bybelse wysheid - Logo

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Filippense 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Die geur van die blomme wat jy weggee, kleef vir altyd aan jou hande, het Evita Perron gesê. Dis wat met die Filippense gebeur het. Hulle hulpverlening aan Paulus was vir hom een van die wonderlikste ervarings van sy tyd as apostel. Hulle stuur selfs vir Epafroditus om gawes vir hom te bring en om hom in die tronk by te staan. Daarom beskou Paulus hulle hulpverlening as ’n “offer met ’n lieflike geur” (4:18).

Ons besef nie wat ons hulp aan ander vir hulle kan beteken nie. Paulus se brief wemel van woorde oor blydskap oor die liefde wat hy van die gemeente ervaar het. Dt het hom ook in staat gestel om sy lyding te dra. Hy is tot alles in staat is deur Christus wat hom krag gee, ook deur hulle hulp aan hom. So ervaar mense Christus se krag. Deur hulle hulpverlening het hy ook ontdek dat hy tot alles in staat is (4:13,14).

Paulus bid uit die tronk dat die Here in elke behoefte van hulle sal voorsien (4:19). Ja, Christus gee die krag, maar hy gebruik mense soos ons. Ons gee bemoediging en ontvang bemoediging. Laat ons nooit die krag van die liefde vir mekaar onderskat nie. Ons is sy instrumente!

Here God, maak ons harte vandag oop vir mense wat ons mag nodig hê, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!