Bybelse wysheid - Logo
Bybelse wysheid - Logo

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Tit 2:5: Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.

Die Mahatma Gandhi het eenkeer vir sendelinge in Indië gesê: ‘Julle werk so hard. Onthou net dat die roos nooit iemand nooi om dit te kom ruik nie. As dit geurig is, sal mense deur die tuin loop en die dorings verduur om dit te ruik.’

Christene moet ordentlike mense wees. Paulus beklemtoon in hierdie brief die belangrikheid van ’n nugter, ordentlike lewe van vroue, jong mans, ouer manne en Christene wat as slawe gewerk het.

Hoekom is dit so belangrik dat alle Christene met integriteit moet lewe? Paulus sê dit sal verhoed dat die woord van God in diskrediet sou kom. Alle vyande van die evangelie sal in die verleentheid gestel word, want ons is bo verdenking (2:8). Wanneer mense dus na ons kyk, sal die boodskap van God ons Verlosser aantrekliker wees (2:10).

Wat ook al die verskille tussen ons kultuur en Paulus s’n is, daar is een gemene deler wat ons moet raaksien. Ons optrede het ’n positiewe of negatiewe uitwerking op mense. Die evangelie is op die spel. ’n Lewe sonder integriteit is soos ’n slegte reuk wat mense afskrik en afstoot. Laat ons vandag ’n aangename geur wees.

Vader, laat ons ’n aangename geur in die wêreld wees, sodat mense ter wille van Christus na U aangetrek sal word. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!