Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 5:21: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.”
Die tyd van tjeks is vinnig besig om te verdwyn. Daardie stuk papier het ontsaglike waarde gehad as dit die regte inligting bevat het. Ons kon nie die tjek inbetaal sonder ’n bedrag en ’n geldige handtekening nie.
Hierdie gedeelte bevat elke element van ’n geldige tjek. Die bedrag is duidelik: God gee ons die geregtigheid van Christus, want Hy het plekke met ons geruil. God self het hierdie versekering gegee, deur die wêreld met Homself te versoen.
Hierdie tjek is aan ons gegee op ons name. Daar is net een ding wat ons moet doen. Ons moet hierdie tjek aanvaar en God se beloftes ontvang.
Om hierdie groot geskenk te aanvaar, is om die versoening te ontvang wat reeds bewerk is. Ons bewerk nie versoening nie. God doen dit op sy eie. Ons ontvang dit net as geskenk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie