No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 7:7: “Kom my te hulp, U wat bepaal het dat reg sal geskied.”

Nuus is deesdae maklik om te vind. Webwerwe deel verskillende stories vanuit verskillende perspektiewe. Daar is iewers waarheid te midde van die verskillende perspektiewe. Niemand glo meer almal nie. Tog sien ons een waarheid: die aaklige dinge wat mense aan mekaar doen. Baie verhale van onreg word nie opgeteken nie.

Dit word in die harte van kinders en vroue en mans wat onder die onreg van ouers, kinders of huweliksmaats moet ly, geheim gehou. Soms is dit klein saadjies van wantroue, agterdog of karaktermoord op iemand op ’n baie strategiese oomblik.

Voordat Dawid amptelik koning geword het, was daar voortdurend magte wat hom wou vernietig. In hierdie geval is dit Kus, die Benjaminiet (sien 2 Samuel 20).

Die punt van die Psalm is egter dat God geregtigheid liefhet. Dawid se hoop is dat God sal ingryp (7:7). Miskien sal die onreg voortduur, maar Hy bid: “Maak ’n end aan al die bose dade van die goddelose mense. Stel tog die onskuldige in die gelyk. . . U is die regverdige God” (7:10).

Ons moet staan waar God staan – teen onreg in die samelewing. Ons moet dit nie net doen wanneer ons bedreig word nie, maar ook namens diegene wat onder ander ly. Ons is sy instrumente van geregtigheid.

Here, betoon uself as die God van geregtigheid in die wêreld, in Jesus Naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!