No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Mat 25:13: “Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.”

Meeste van die tyd dink ons nie aan die wederkoms van Christus nie. Matteus 24-25 staan bekend as die profetiese rede en handel oor hierdie werklikheid: Jesus sal weer kom. Een boodskap staan uit in elke gelykenis en beeld wat Jesus gebruik: wees gereed, want niemand weet wanneer dit gaan gebeur nie. Wees net gereed.

Die sogenaamde tekens van die tye herinner ons daaraan dat ons gereed moet wees. Veldkamp, ’n Nederlandse predikant, het gesê dat die Bruidegom deur die tekens van die tye sy bruid op aarde aan hulle gemeenskaplike afspraak herinner. Hy verseker haar dat hy nie sy belofte vergeet het nie. Wanneer die bruid hierdie tekens sien, verwag sy die koms van haar bruidegom met vreugde.

Jesus vertel in hierdie hoofstukke gelykenisse om aan te dui dat sommige mense gereed is en ander nie. Die laaste gelykenis wys die ‘hoe’ van ons gereedheid.

Wanneer ons die Here onthou, ons gawes gebruik en na sy sake omsien deur vir die armes en gemarginaliseerdes te voorsien, hou ons ons lampe vol olie, altyd gereed vir sy wederkoms. Ware toewyding word in deernis gesien.

Kommentaar

Republikein 2025-04-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer