Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 8:8: “Hy sal sy vlerke uitsprei totdat dit jou land heeltemal oordek, Immanuel.”
Iemand het geskryf dat hy nog nooit by die begrafnis van ’n slegte persoon was nie. Almal, volgens die huldeblyke, is nou in die hemel.
Dit is nie ’n Bybelse gedagte nie. Agas se keuse in Jesaja 7 om nie op die Here te vertrou nie, lei nou tot ’n duidelike boodskap van oordeel. God se teenwoordigheid kan nie opgeëis word deur die mense wat sy leiding verontagsaam nie. Hulle kan nie God se hulp verwag terwyl hulle kies om op wêreldse alliansies staat te maak in plaas van om op Hom te vertrou nie. Die Assiriese koning is die instrument van hierdie oordeel. Hy is soos die magtige Eufraatrivier, wat alle dele van die land sal verower.
Die naam Immanuel, wat oorspronklik bedoel was om God se teenwoordigheid onder die mense aan te dui, is nou ’n naam van oordeel.
Omgekeerd het die profeet en die getroue mense lojaal aan God gebly. Hulle is getuies van die versekering dat die Here nooit sy volk sal verlaat nie. Die Here is met hulle, Immanuel!
Terwyl oordeel wel die ongelowige wêreld sal tref, sal God se kinders nie daarmee vergaan nie. God sal altyd sy mense, sy kerk, beskerm. Niks sal ons uit sy hand ruk nie (Johannes 10:28). Dit is sy getrouheid, nie ons s’n nie, wat hierdie belofte waarborg.
Here, ons dank U vir u ewige trou. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie