Bybelse wysheid - Logo
Bybelse wysheid - Logo

Bybelse wysheid

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Matteus 28:18: Jesus kom toe nader en sê vir hulle: ‘Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.’

JP Versteeg vertel ’n verhaal van ’n bekende beeldhouer wat probeer het om die gesag van Jesus in sy werk vas te vang. Aanvanklik het hy ’n kleibeeld gemaak wat Jesus uitbeeld met sy hande triomfantelik bo sy kop gelig. Die standbeeld is oornag buite geplaas. Die volgende oggend, tot die beeldhouer se verbasing, het Jesus se hande uitnodigend na sy bors gesak as gevolg van oornag dou. Op daardie oomblik het die beeldhouer verstaan dat dit ware gesag van Jesus uitbeeld.

Jesus se dissipels is vol vrees en twyfel. Hulle is op die berg. Soos met Moses bo-op die berg, volg ’n belangrike openbaring. Matteus verbind Jesus met die Seun van die mens (Daniël 7:14), wat die kosmiese gesag van die opgestane Here onderstreep.

Die woorde wat Jesus voor die Joodse raad gespreek het, wat sy verhewe posisie aan die regterhand van God en sy wederkoms voorspel, word vervul (Matt. 26:64). Selfs die dood kon nie sy gesag ondermyn nie. Die versekering dat Jesus oor die hele skepping heers en dat sy gesag ongeëwenaard is, is ’n groot vertroosting vir ons wat Hom volg.

Dit inspireer ons om met geloof, vrymoedigheid en volharding te lewe te midde van uitdagings en beproewings. Dit stel ons in staat om ons doel as volgelinge van die Here te vervul.

Here, dankie dat U alle gesag het! Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!