BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Rigters 16:28: "Toe roep Simson tot die Here: “Here my God, dink tog aan my! Maak my tog net hierdie een keer sterk, o God...”
Ons struikel en val. Selfs die vroomste mense is nie immuun teen oomblikke van menslike swakheid nie. Mense in gerespekteerde posisies, ook in die kerk, swig soms voor versoeking.
Simson het sy Nasireër-gelofte verbreek deur sy geheim aan Delila te openbaar. Hy het geweet dat sy hare nooit gesny moes word nie. Sy liefde vir Delila het daartoe gelei dat hy sy gelofte verbreek het, net soos vroeër met Timna. As gevolg hiervan het Simson sy eer en oë verloor.
Die Filistyne het geglo dat hulle Simson se lot beheer het. Hulle het ’n fees vir hulle afgod gevier nadat hulle hom gevange geneem het. Ja, Simson se swak oordeel het hom ’n gevangene gemaak. Hulle arrogansie was egter misplaas.
Alhoewel Simson ontrou was, het die Here getrou gebly aan sy belofte om die Israeliete van onderdrukking te verlos. Ten spyte van Simson se gebreke, het God hom gebruik om die Filistyne se oorheersing te verbreek. Selfs in sy verswakte toestand het Simson steeds krag gevind deur geloof in die Here. Ons struikel almal van tyd tot tyd, maar ons moenie in die stof bly nie. Hou op om te dink aan jou mislukkings. Onthou dat God getrou bly. Plaas jou vertroue in Hom.
Hemelse Vader, ons is dankbaar dat U altyd saam met ons stap, selfs wanneer ons val, in Jesus se Naam, Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie