Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 2:24: “Inderdaad, soos daar geskrywe staan, ‘as gevolg van julle optrede word die Naam van God deur die heidennasies belaster.’”
Friedrich Nietzsche, een van die argitekte van ateïsme, het gesê: “Elke keer as ek met ’n godsdienstige persoon in aanraking kom, voel ek dat ek my hande moet was.” Hierdie opmerking openbaar sy diepe aanstoot en minagting teenoor godsdienstige mense in die algemeen. Sy harde oordeel het egter waarskynlik gespruit uit sy ervaring dat godsdienstige mense veroordelend en eiegeregtig was.
Die Jode het geglo dat hulle God se uitverkore volk was terwyl hulle heidene as onwaardige “honde” en “sondaars” afgemaak het.
Bruce Hedman het heel gepas opgemerk dat Jesus wil hê dat ons onsself moet oordeel met dieselfde streng standaarde wat ons dikwels op ander toepas (Matt 7:1-6). As ons dit doen sal ons eie sondigheid ons na God se genade lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie