No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 32:3: “Toe ek stilgebly het, het my gebeente uitgeput deur my gekerm die hele dag.”

Hierdie psalm begin en eindig met lofprysing. Dit vier die Here se vergifnis en verlossing (32:1-2,11).

Hierdie nuutgevonde vreugde staan in skerp kontras met die digter se vroeëre onrus en angs oor sy sonde waaroor hy stilgebly het (32:3-4). Toe hy dit uiteindelik voor God bely het (32:5), het hy eerstehands die Here se transformerende genade en vergifnis ervaar. Sy neerslagtigheid het in blydskap verander.

Ons voel dikwels moedeloos en depressief oor ons omstandighede. Ons praat met ander en soek hulp tevergeefs. Dan ontdek ons die wortel van ons probleme: ons neerslagtigheid spruit nie uit ons omstandighede nie, maar uit ons hardkoppigheid en sonde wat in die eerste plek tot daardie omstandighede gelei het.

Sonde kan ons lewens lamlê. Miskien dra jy ’n las wat jou vir baie jare teruggehou het en jou gees dreineer. Gebruik hierdie geleentheid om voor God te bely wat jou pla.

Die digter spoor die leser aan om nie hardkoppig soos ’n donkie te wees, wat op die regte pad gedwing moet word nie (32:9). Vertrou eerder dat God jou met liefde lei, nie veroordeel nie (32:8). Vertrou Hom, loop sy pad en onthou dat deur Christus se offer, jy reeds vergewe is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!