Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Prediker 10:20: “Moenie die koning verwens nie, nie eens in jou gedagte nie... die voëltjies kan oorvertel wat jy gesê het.”
Die wêreld ly dikwels wanneer wysheid verontagsaam en dwaasheid omhels word. Prediker betreur hoe wyse mans slawe kan word terwyl dwase as konings opstaan. Dit gebeur wanneer bevoegdheid nie leierskap bepaal nie. Dit is ’n ontstellende boosheid in die samelewingsorde (Prediker 10:5-7).
Binne hierdie konteks, verduidelik Jimmy Loader, verander die betekenis van wysheid dramaties. Wysheid beweeg weg van die oortuiging dat die lewe ten volle verstaan kan word. Die digter daag die idee uit dat die lewe voorspelbare reëls volg. Daarom is daar oomblikke in die lewe wanneer stilbly nie net ’n keuse is nie, maar ’n noodsaaklikheid vir oorlewing. Eerder as om vreesloos die goddelike wil te verkondig soos die profete van ouds gedoen het, waarsku hy teen dit in ’n wêreld waar dwaasheid hoogty vier. In sulke situasies is dit belangrik om versigtig te wees en onsself te beheers. Stilswye eerder as om uit te praat, kan die verstandiger keuse wees.
Vir Christene word die besluit om te praat of stil te bly bepaal deur die vraag of Christus verloën word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie