Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 49:6: “Ek maak jou ’n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.”
Israel ly weens hulle sondes. Hulle is in ballingskap, ver van hulle land af. Tog het God ’n plan om Sy volk te red. Hierdie plan sluit alle mense in, nie net Israel nie. Die verlossing van Israel sal konings en leiers lei om voor die lewende God te buig (Jesaja 49:7). Israel word ’n lig vir die wêreld. Hierdie is nie ’n laaste-minuut-plan nie. God het altyd hierdie plan gehad. God het die profeet voor sy geboorte gekies om hierdie boodskap te bring. God se verlossingsplan hang nie van menslike verdienste af nie.
Israel kon nie hierdie waarheid verstaan nie. Hulle het verkeerdelik gedink dat die Here se fokus uitsluitlik op hulle eie redding was. Hulle het hulle rol as simbool van God se reddende genade misgekyk.
Later sê Jesus vir sy dissipels dat die Heilige Gees hulle sal bemagtig om getuies te wees tot aan die einde van die aarde (Hand. 1:8). God red sy kerk nie net vir ons eie beswil nie, maar sodat die wêreld sy goedheid kan sien en aanvaar. Die Here wil deur ons die wêreld bereik. Ons is ’n lig vir almal in die wêreld en behoort kanale van God se goeie nuus te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie