Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 1:14: “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos.”
Die Heilige Gees is God se sakdoek, het Manie Malan gesê. Die Heilige Gees beheer nie net ons lewens nie. Die Heilige Gees troos ons met sekerheid dat ons aan God behoort. Oepke Noordmans verwoord die Drie-eenheid pragtig as God wat praat (Vader), God wat kom (Seun) en God wat vertroos (Gees). Toe woorde alleen nie genoeg was nie, het die Seun gekom. Toe mense die Seun doodgemaak het, het Hy sy Gees gestuur om ons te vertroos.
Hoe bring die Gees vir ons vertroosting? Die Nuwe Testament gebruik drie sleutelbegrippe om hierdie troosrol te verduidelik. In die komende dae sal ek dit noem. Om te begin, sê Efesiërs 1:14 dat die Gees God se waarborg is.
In antieke tye, wanneer iemand grond gekoop het, moes hulle ’n deposito verskaf as waarborg vir die res van die betalings. Net so is die Heilige Gees ’n deposito van God, wat verseker dat ons volle verlossing sal ontvang. Dit is nie afhanklik van ons karige pogings nie. In God se hande is dit veilig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie