No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 91:4: “Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.”

Christenskap waarborg nie ’n kortpad uit probleme of voorspoed nie. Ons moet verstaan dat beproewinge, lyding, nood en selfs die dood deel van ons reis is (Romeine 8:10, 35-39; Jesaja 43:2).

In hierdie Psalm word van plae, siektes en vyande sonder vrees gepraat. Hoekom? In antieke tye het mense na grotte gevlug om vir hulle vyande weg te kruip. Vir ons wat op God vertrou, is Hy ’n toevlug.

Die Psalmdigter vergelyk God se getrouheid met onbreekbare mure en ’n arend wat sy kleintjies beskerm.

Geloof is om op God te fokus wanneer die lewe moeilik raak. Om by God te skuil, gee ons skaduwee en beskerming as deur sy almag. Al ervaar ons beproewinge, het hulle nie die finale woord nie. Die God wat Jesus Christus opgewek het, is in beheer van hemel en aarde.

Is dit net wensdenkery? Dink jy die digter praat oor werklike situasies? Ja, maar hy kyk daarna deur die oë van die geloof. Geloof sien dinge wat ander nie kan sien nie. Dit skuil by God wanneer die lewe moeilik raak. Tragiese dinge gebeur, maar as jy op God vertrou, weet dan dat Hy jou nie sal verlaat nie!

Here, ek soek skuiling in u trou. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!