Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Job 6:28: “Maar kyk nou na my geval, ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie.”
George Bernard Shaw het gesê daar is talle mense wat binne sekondes sê dat hulle die wil van God oor enige saak ken. Hulle het antwoorde op alles.
Job se vriende is so. Hulle dink hulle weet hoekom Job ly. Hulle ervaring het geleer dat mense weens hulle sonde ly. Job ly omdat hy gesondig het.
Job is erg ongelukkig met hierdie behandeling en deur sy vriende se gebrek aan vertroosting (Job 16:2-5). Sy lyding is so intens dat hy will doodgaan (Job 6:8-13). Hy daag Elifas se sekerheid oor sy lyding uit en vra of daar uitsonderings kan wees. Is daar dalk mense wat onregverdig ly (Job 6:28-30)? Job wil hê hulle moet hulle ervaring opsy sit en sy unieke omstandighede sien. Geld die gewone reëls in sy geval?
Vergeet van hoe dinge tipies “werk”. Kyk na die individu voor jou. Geld die algemene reël steeds hier? Moenie standaard antwoorde gee nie! Ons wil almal gesien word as unieke individue, nie as nommers nie. Ons smag na billike behandeling en persoonlike sorg in ons situasies. Ander mense ook. Kom ons wees versigtig met eenvoudige antwoorde. As ons dit doen, kan ons dalk soos Job se vriende wees. Elke persoon is uniek en moet so behandel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie