BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Romeine 1:20,21: Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is... daar is dus geen verontskuldiging nie, omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie.
Ek het nog byna nooit in huldeblyke by begrafnisse van slegte mense gehoor nie. Throuens, dit klink of almal hemel toe gaan! Baie mense glo ’n goeie lewe, ongeag mense se geloofsoortuigings, die paspoort hemel toe is. Wat is gewoonlik die maatstaf? Wel, die persoon was ‘ten minste 'n baie vriendelike of goeie mens.’
Paulus, gelei deur die Heilige Gees, leer dat almal buite Christus – Jood of nie-Jood – verlore is en geestelike dood en uiteindelik die hel in die gesig staar. God het Homself deur die skepping geopenbaar. Hierdie openbaring moes genoeg gewees het om ons te laat besef dat God alle eer verdien. Ons sondige natuur laat ons afgode aanbid in plaas van die ware God. God moet nie verantwoordelik gehou word vir ons geestelike ondergang nie. God oordeel ons op grond van ons keuses en optrede en gee aan elke persoon sy verdiende loon.
Tog is die evangelie die alternatief: Die evangelie van Jesus Christus ‘is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.’ - ook vir jou! (Romeine 1:16).
Jesus, ons dank U dat ons deur geloof die ewige lewe in U het. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie