Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 27:12: “Daardie dag sal die Here sy oes inbring... en julle... sal die koringare wees wat één-één opgetel word.”
Genade en oordeel. Oordeel maak ons bang. Ons is dankbaar vir genade! Enersyds beeld hierdie gedeelte God uit as die Regter, wat met ’n swaard die wêreldse magte en ongehoorsame mense oordeel (27:1,7-11). Die sleutel om hierdie oordeel te vermy, is bekering (27:5). God se volk moet van afgodediens wegdraai en ’n hartsverandering ondergaan.
Die gedeelte beskryf egter ook God se onmeetlike genade teenoor ’n oorblyfsel wat Hy veilig bewaar het te midde van sy oordeel. Hulle word soos ’n kosbare wingerd behandel (27:2,3).
Israel het verwoestende oordeel met ballingskap en vernietiging in die gesig gestaar. Tog het hierdie oordeel uiteindelik die weggebaan vir verlossing. Dit word gesien in die beskrywing van koringare wat ná die oes ingesamel word (27:13).
Jesus vergelyk Homself met ’n koringkorrel wat in die grond val en sterf (Joh. 12:24). God het Hom geoordeel en uiteindelik is die oes van die kerk opgelewer. Ons is gered deur Jesus Christus se opstanding en sien uit na sy wederkoms.
Moet ons bang wees vir die finale oordeel? Nee, sê die Geneefse Kategismus, want Jesus Christus, ons advokaat, is die een wat ons verteenwoordig het en ons saak aangehoor het; ons staan nie voor enige ander regter nie.
Here, dankie dat U ons vrygemaak het van die oordeel. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie