Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 22:11,13: “Julle het nie geluister na Hom wat die stad gemaak het nie, julle het Hom wat dit lank gelede gestig het, nie gehoorsaam nie... nou is julle nog vrolik en plesierig en sê: ‘Laat ons eet en drink, want môre is ons dood’.”
Baie van ons voel gelukkig wanneer ons vyande ly. Selfs God se volk het dalk gelukkig gevoel toe ander nasies geoordeel is. Hulle was dalk geskok toe hulle dan gehoor het dat Jerusalem by God se oordeel ingesluit is.
Jerusalem, die stad waar die Israeliete geglo het dat God woon, was nie vrygestel van die Here se oordeel nie. God se mense het van Hom weggedraai en was tevrede om in ’n toestand van valse sekerheid te leef. ’n Verskriklike en vernietigende oordeel het Israel getref – nie eers die stadsmure is gespaar nie.
Ons probeer dikwels dinge op ons eie doen sonder om God vir hulp te vra. Dis ’n mosie van wantroue en wys dat ons Hom nie vertrou nie. Dit lei tot negatiewe gevolge in ons lewens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie