Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 31:6: “Israeliete, bekeer julle tot Hom van wie julle so ver verwyder geraak het.”
Om ons foute te bely is die naaste wat ons aan onskuld kan kom. Hierdie gesegde word toegeskryf aan Publilius Syrus, wat in die laaste eeu vC geleef het.
Jesaja beskryf God se toorn. Die Here is soos ’n wrede leeu wat sy prooi beskerm en sy toorn op die nasies en selfs op sy eie opstandige mense laat reën. Die nasies (Assirië) en sy volk, wat, soos Agas, hulle vertroue op ander dinge as die Here stel, sal die vuur van sy toorn uit Sion ervaar (Jesaja 31:1-3, 9).
Deesdae dink ons nie meer aan God wat oordeel nie. Tog doen Hy dit, maar hierdie oordeel het nie die finale woord nie. Dit is ’n middel tot ’n doel – om ons terug te lei na God se barmhartigheid en genade.
God het sy Seun geoordeel. Jesus het ons straf gedra. God straf nie meer sy kinders nie. God se oordeel oor sy Seun het die doel dat ons na Hom toe sal draai, Hom sal vertrou en sy genade sal aanvaar. God se doel is nie om te veroordeel nie, maar om ons terug te bring in ’n liefdevolle verhouding met Hom. Laat ons ons sondes bely. Onthou, omdat die Onskuldige sy lewe vir ons gegee het, is ons sondeloos in God se oë.
Here, stel my in staat om na U terug te keer, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie