Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Jesaja 65:17: “Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep. . .”
As aanbieder van ’n radioprogram oor godsdienstige sake jare gelede, het ek ’n paneelbespreking oor die sogenaamde New Age-beweging gelei. Sommige paneellede het voorspel dat dit ’n era inlui wat tot een wêreldregering en harmonie sou lei. Dis nie wat ons nou in die huidige werklikheid sien nie. Ons word oorweldig met verdeeldheid, konflik en vyandigheid, wat ons daaraan herinner dat menslike pogings tot vrede nie baie potensiaal het nie.
Tog sal God alles verander. Jesaja het die gelowiges in sy tyd getroos. Ten spyte van ons onvolmaakte wêreld, is transformasie seker. God se nuwe toekoms sal gevul wees met vrede en harmonie. Tradisionele vyande sal in vrede lewe (Jesaja 11, 65:24). God sal gebede beantwoord voordat dit gebid word. Hy ken ons behoeftes (65:24). Mense sal lang, voorspoedige lewens lei (65:20-22) en die vrugte van hulle arbeid geniet. Hierdie nuwe skepping sal gevul wees met vreugde en blydskap (65:18-19).
As Christene leef ons in hoop. Petrus herinner ons daaraan dat Christene leef in verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde, waar God se wil sal heers (2 Petrus 3:13). In God se nuwe wêreld sal daar geen onreg, oorloë, nie sakdoeke of begrafnisondernemers, medikasie of teleurstellings wees nie (Openbaring 21).
Sien jy uit daarna? Ek kan nie wag nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie