No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Jesaja 37:11: “Jy het mos gehoor hoe die konings van Assirië die een land na die ander verwoes het. Sal jý dan vrykom?”

Wat is jou troos in tye van onsekerheid, siekte, wanhoop of dood? Dit maklik om te verstaan dat Hiskia bang was toe hy hierdie woorde hoor. Hy het dalk snags in die bed rondgerol omdat hy bang was vir die Assiriese mag. Tog, te midde van Assirië se onheilspellende bedreiging en hulle bespotting van Israel se God (36:15; 37:10) besluit hy om God te vertrou en bely hy sy geloof in die enigste lewende Here (37:15–20).

Die verhaal beklemtoon die basiese boodskap van Jesaja 1-39: Wanneer ons deur ’n vyand gekonfronteer word, kan ons God óf wantrou en alliansies soek soos Agas en sy mense in Jesaja 7 gedoen het, óf op die Here vertrou en sien hoe God die vyand se mag tot niet maak.

Moenie luister na die bangmaak stemme rondom jou nie. Paulus sê: “Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.” (Ef 6:10,11).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!