No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 30:13: “Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie.”

Hy wat ’n geskenk of voordeel met dankbaarheid ontvang, betaal die eerste paaiement van sy skuld, het Seneca gesê. Dit is hier, in die gewoel en gewerskaf van elke dag dat ons die Here moet dank.

By die inwyding van die tempel het die volk hierdie psalm gesing. Hulle kon getuig dat die Here hulle nooit in die steek gelaat het nie. Dawid het by die dood omgedraai (30:4). Ons weet nie presies wat die probleem was nie, maar dalk was hy ernstig siek en het hy gedink dat dit die einde van sy lewe is (30:3). Wat erger was, was dat hierdie swaarkry Hom laat wonder het of God ook van hom vergeet het (30:8). Wanneer ons wat op die Here vertrou deur moeilike tye gaan, kan mense wat nie van ons hou nie begin spot en selfs wonder of die Here regtig kan help (30:2).

Die mense getuig dat die Here hulle gehelp het. Eers was daar rou, siekte en dood, maar nou is daar gesondheid, krag en vreugde (30:3,4,12). Daarom moet God geloof word (30:2,5,13). Na die dood, sê die digter, is dit nie meer moontlik nie (30:10).

Christene weet meer. Ons is dankbaar en kan nie sitilbly nie. Die dood is immers oorwin. Ons lof sal tot in ewigheid duur!

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer