Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Titus 3:3,4: “Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn.”
’n Spreekwoord uit Kroasië sê dat daar vier dinge in ons lewe is wat meer is as wat ons dink: ons jare, ons skuld, ons vyande en ons foute. Dit laat my dink aan die 90-jarige man wat vir sy predikant gesê het dat hy geen vyande het nie. “Hoe is dit moontlik?” wou die predikant weet. Sy antwoord: “Ek het al my vyande oorleef!”
In ’n stadium het ek met iemand oor die onderwerp van sonde gepraat, waarop sy geantwoord het dat sy nie kan onthou wanneer laas sy gesondig het nie.
Paulus draai nie doekies om ons nie (3:3). Miskien voel jy vandag dat jou jare, vyande, skuld en sonde te veel geword het. Tog, sê Paulus, is God mensliewend. Hy red ons van ons verlede uit genade omdat Hy ons liefhet. Die Here se liefde oortref alles. Jou sonde, skuld, vyande en jare het geen blywende effek op God nie. Hy versoen ons sonde en gee aan ons ’n nuwe lewe. Elke dag. Ontvang dit vandag weer van hierdie mensliewende God!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie