Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Joh 14:6,7: “Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken’.”
Otto Weber skryf dat Christene, anders as baie ander geloofsoortuigings, nie in ’n idee, filosofie, ideologie, die kerk of ’n dogma glo nie, maar in ’n Persoon.
Christus het ons lewens aangeraak toe Hy al die pad na ons toe gekom het en vir ons die toegang na God toe oopgemaak het. Geen geloof in God sonder Jesus Christus sal ’n verskil maak nie. Christus is die weg, die waarheid en die lewe. Net Hy! Om Hom te ken is om die Vader te ken!
In ’n gesprek met studente, het die Britse wiskundige, John Lennox, ’n ander groot verskil uitgewys. Christene reageer op God se liefde wat onvoorwaardelik aan sondaars gegee word. Ons doen niks om sy liefde te verdien nie. Ons ontvang sy liefde en dien Hom nou omdat ons dankbaar is. Die vryspraak word eers gegee, dan dien ons Hom. Die vryspraak word nie aan die einde gegee wanneer dit duidelik is of ons goed genoeg was om dit te verdien nie!
Ons het nou ’n verhouding met God die Vader, want ons ken Christus. Geen idee, filosofie, ideologie, kerk of dogma kan dit vervang nie.
Here, dankie dat U my ken en eerste liefhet, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie