Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Filippense 2:15,16: “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra.”
Die kerk kan soms ’n wegkruipplek word. Sommige Christene is so besig met kerklike aktiwiteite dat hulle geen tyd het om in die wêreld betrokke te wees nie. Soms word die wêreld as vuil en sondig beskou. Dis beter om daarom eerder nie met die wêreld te meng nie.
Ek kan verstaan hoekom sommige Christene so voel. Die wêreld is soms ’n baie vyandige plek. Christene se idees en oortuigings word nie oral geduld nie – selfs binne gesinne en huwelike.
Karl Barth was reg toe hy gesê het dat geloof nie ’n soort slakskulp is waarin ’n mens gemaklik voel, afgesny van die lewe van die mense rondom jou kan wees nie. As dít ons geloof is, het ons nog nie werklik begin glo nie
’n Doelbewuste onttrekking uit die wêreld is nie meer geloof nie. Jesus self bid dat die Vader ons nie uit die wêreld sal wegneem nie, maar ons van die bose sal bewaar (Joh 17:15). Die wêreld het ons lewenstyl, integriteit en lig nodig. God het jou geroep om vandag jou geloof uit te leef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie