Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Judas 24,25: “Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou... behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen.”

God se genade vir gelowiges hou nie op nie. Martin Luther skryf dat alhoewel die sonde op aarde voelbaar bly, daar meer genade oor alle sonde, meer lewe oor die dood en meer van God oor alle duiwels heers.

Die brief van Judas praat onder andere oor mense wat God se genade misbruik. Hulle sien dit as ’n vrypas om sonde te doen. Hy waarsku dat dit tot verskriklike gevolge kan lei. Daarom roep hy die gelowiges op om deur gebed en die krag van die Gees in hulle geloof opgebou te word. Om lui te word op die geloofspad is daarom nie ’n opsie nie. Deur geloof en liefde vir ander leef ons uit die Here se genade.

Ons hele lewe is in God se hande. Luther het waarskynlik Judas se woorde gelees toe hy geskryf het: “Sonde, dood en duiwels onder God se genadehemel is niks anders nie as donker wolke wat wel die hemel ’n tyd lank kan verberg, maar nie daaroor kan seëvier nie.”

Daarom moet ons onsself gewillig met liefde en lof in ons werk en selfs in lyding aan God oorgee as vry, vrolike, plesierige mense!

Ek loof U vir u oorwinnende genade, o God. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!