Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Die fokus van ons geloof

Markus 5:33: Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel.

Baie mense verlang om Jesus aan te raak, om genees te word van die seer wat hulle lewens oorgeneem het. Ons bely dat slegs Jesus dit kan doen. Terwyl Jesus na die vrou luister, hoor Hy ook die wanhoop van die mense wat slegte nuus oor Jaïrus se dogter kom oordra. Hy hou aan luister, selfs al lag die mense Hom uit.

Tom Wright skryf dat Jesus nie gekom het om ’n eenman bevrydingsbeweging in ’n revolusionêre sin te wees nie. Hy is ook nie ’n eenman mediese sentrum nie. Hy het inderdaad ’n revolusie begin en God se helende krag gebring. Sy doel was egter heelwat meer. Hierdie gebeure was net tekens van die ware revolusie wat Jesus deur sy dood en opstanding sou bewerk. Padtekens is belangrik, maar ons moenie dink dat dit die bestemming is nie.

Uiteindelik moet ons nie dink dat ons Jesus volg as ons luister en medelye betoon soos Hy nie. Alles wat hier gebeur is verbind met geloof in Hom. Jesus daag hierdie vrou, Jaïrus, die nuusdraers, sy dissipels en elke leser uit. Die uitdaging is dit: is Jesus, die Heer oor sonde, siekte, dood en alle magte die objek van ons geloof? En as ons eerlik luister, eerlik die menswaardigheid van elke mens ernstig neem, soos Jesus, is die uiteindelike doel om elkeen te help om te bely: Hy is die Seun van God.

Here, laat ons u medelye betoon, sodat mense tot geloof in U, ons Heer en Verlosser sal kom. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!