BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Spreuke 4:26-27: Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.
Thomas Merton het gesê dat die gevaarlikste persoon ter wêreld die kontemplatiewe persoon is wat deur niemand gelei word nie. Hoekom? Omdat sy eie visies al is wat hy vertrou. 'n Stem binne-in hom lok hom en hy sal nie na ander mense luister nie. Hierdie persoon glo dat alles wat hom binne-in hom warm laat voel, die wil van God is. Dan sê hy: 'Hoe soeter en hoe warmer die gevoel is, hoe meer is hy oortuig van sy eie onfeilbaarheid' (Uit: New Seeds of Contemplation).
J P Versteeg, 'n Nederlandse geleerde, vergelyk geloof met 'n vlieënier wat na die stem uit die beheertoring moet luister. Alhoewel die vlieënier nie die persoon in die beheertoring kan sien nie, moet hy die aanwysings vertrou. As hy nie die instruksies van die beheertoring volg nie, kan dit noodlottig wees.
Miskien dink jy dat jy kan lewe sonder die instruksies van God se beheertoring. Luister jy na sy opdragte? Wat is die belangrikste aanpassings wat nodig is om op God se pad te stap?
As jy God se pad wil stap, moet jy na Hom luister. Wie na sy raad luister, word bewaar van die vernietigende invloede in sy of haar lewe (4: 23,24). Dit sal voorkom dat jy sonder rigting deur die lewe gaan deur die bose gedagtes in jou hart te volg (4: 23-27).
Gees van God, maak my ore oop sodat ek, in Jesus se naam, die pad kan stap wat U my aanwys, in plaas van my eie. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie