No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Spreuke 6:5: “. . . red jou uit sy mag soos ’n wildsbok uit ’n strik, soos ’n voëltjie uit die net van ’n voëlvanger.”

Emosies kan goed wees, maar soms ook baie gevaarlik. Soms kan my denke positief deur my emosies beïnvloed word sodat ek ’n goeie besluit neem. Soms kan my emosies egter my vermoë om redelike besluite te neem negatief beïnvloed.

Die digter beklemtoon hoe ons onsself dikwels deur ons eie toedoen in die grootste gemors dompel. Ons kan vir iemand borg staan en dan soos ’n voël in ’n net gevang word. Ons kan aan iemand beloftes maak en dan soos ’n wildsbok deur ’n jagter vasgevang word (6:5). Deur borg te staan vir iemand wat nie sy of haar skuld kan terugbetaal nie, kan dit gebeur dat ons in die mag van iemand anders beland en die las van ander mense moet dra (6:3).

Wat moet ons doen wanneer ons onsself in die moeilikheid gedompel het? Die digter sê dat ons dit aan die betrokke persoon moet erken. Dit is die enigste manier om van die las ontslae te raak. Miskien sal ons ’n genadige persoon vind.

Ons lees van so iemand in Matteus 18. Dit verwys na God. Hy het ons skuld onvoorwaardelik afgeskryf. As ons onsself Christene noem, moet ons ook bereid wees om ander se skuld af te skryf. Miskien sal ons ook iemand kry wat bereid is om ons oordeelsfoute te vergewe en selfs ons finansiële skuld af te skryf.

Here, hou my nugter in my gedagtes dat ek nie myself sal vernietig deur onnodige oordeelsfoute nie, in Jesus se naam nie. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!