No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 23:4: “Selfs al gaan ek deur die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf, dié vertroos my.”

Die skrywer en digter, Horasius, het gesê dat ’n mens moet onthou om jou denke reguit te hou wanneer die lewenspad steil is.

Ja, die gevaar is dat mens heeltemal perspektief kan verloor as dinge verkeerd loop. Ons kan op ’n punt kom wanneer ons voel dat die lewe nie die moeite werd is nie. Soms is dit die gevolg van omstandighede buite ons beheer. Soms is dit ons eie skuld. Ons voel dalk ons het ontrou aan die Here geword, want ons het net nie meer die energie om te bid nie. Dit laat ons nog slegter oor onsself voel. Ons moet God vertrou, maar dit is moeilik om dit te doen.

Die donker dieptes van ons lewens het nie die laaste sê nie. Of ons aan God kan vashou, is nie die deurslaggewende faktor in tye van lyding nie. Soms moet ons die belangriker waarheid verstaan: God sal ons nie uit sy hande laat val nie. Geloof is om te weet dat God ons vashou. Geloof is om te weet dat ons veilig in God se hande is.

Wanneer ons dit weet, is ons fokus reg. Hy is ons Herder, ons Metgesel, ons Gids. Jou denke kan net reguit bly op die steil pad van die lewe as jy weet dat God jou vashou, al is dinge heeltemal deurmekaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!